Wat doen ons maatjies by Kindermusik?
Die Hallo-en totsiens lied help jou kind om ontspanne en veilig te voel sodat leer met gemak kan plaasvind.
Sang-en stemspeletjies is natuurlike wyses vir kinders om hulle kreatiwiteit uit te druk, hulle selfvertroue te versterk en hulle vaardighede in melodie en ritme te ontwikkel.
Dans-en beweging speletjies help jou kind om sy sosiale en fisiese vaardighede asook koördinasie, ritme, sekwensie en opdrag-uitvoering te ontwikkel..
Instrument-en ensemble spel is groepsaktiwiteite wat jou kind se ritme, selfvertroue, motoriese en luistervaardighede met genot laat ontwikkel.
Stories moedig 'n liefde vir lees aan, stel jou kind bloot aan nuwe woorde, musiekterme en komponiste.
Beluistering van verskillende instrumente en klanke gee jou kind die geleentheid om sy luistervaardighede te ontwikkel; en hom ouditief-sensitief te maak.
Musiekwoordeskat soos komponis "hoog & laag, legato & staccato, piano & forte", verseker jou kind se grondslag vir toekomstige musiekopleiding.
is ‘n breinstimulasieprogram dmv musiek vir die ontwikkeling van kinders vanaf 2 tot 7 jaar.Kindermusik se programme is gebasseer op 30 jaar se navorsing om die kind in totaliteit te ontwikkel.
- Kindermusik is effektief vir alle kinders – ook kinders met speseiale behoeftes.
- Geleletterd, gesyferdheid en lewensvaardighede word op ‘n spelenderwyse ontwikkel.
- Die ouer word betrek en op hoogte gehou dmv ’n Tuispakket.
- Onderwysers word jaarliks toegerus met deurlopende opleiding.
Musiek, sang, ensemble en beweging is die ideale manier om u kind sy volle potesiaal te laat ontwikkel op alle terreine van ontwikkeling!
Taal en Geletterdheid
Woordeskat in eerste en tweede taal
Klankbewusmaking
Ekspressiewe taalgebruik
Luistervaardighede
Ouditiewe identifisering, geheue en diskriminasie
Sosiaal
Selfbeheer
Aanleer van toepaslike gedrag
Aanleer van inisiatief
Leiding te neem
Beurtafwagting
Selfesteem
Koöperatiewe spel
Emosioneel
Hantering van vrees
Selfstandigheid
Bevordering van emosionele geluk dmv:
‘n Stimulerende omgewing
Onvoorwaardelike aanvaarding
Konsekwente optrede deur die onderwyseres
Fokus op die inividu se uniekheid
Aanmoediging van kreatiewe spel
Vreugdevolle atmosfeer
Erkenning van elke kind se vermoëns sodat prestasie ervaar kan word.
Kognitief
Konsentrasie
Geheue
Abstrakte denke
Redenering
Afleiding
Probleemoplossing
Perseptuele vermoëns
Fisiese/liggaamlike ontwikkeling
Kruip
Hardloop
Een been spring
Gallop
Huppel
Oog-hand-koördinasie
Oog-voet-koördinasie
Groot Motoriese ontwikkeling
Fyn Motoriese ontwikkeling
Balans
Musiek
Ritme ontwikkeling
Stemontwikkeling
Gehoorontwikkeling
Patrone
Dinamiek
Musiekwoordeskat
Liedereskat
Ensemble
Dansies
Notasie