OOR MY
Ek is 'n Maestro Kindermusik onderwyseres wat my Kindermusik kursus deur Kindermusik Internasionaal en Kindermusik SA voltooi het.
Jaarlikse opleiding word van elke Kindermusik terapeut vereis om voldoende Professionele Ontwikkelingspunte te verdien. Op hierdie wyse word daar seker gemaak dat ek my kundigheid verbeter en op hoogte bly van die nuutste navorsing.
‘n Gekwalifiseerde Onderwyseres (Spesialisering in Klasmusiek) met 15 jaar ondervinding van onderrig (3jr tot Gr 7).
‘n Entoesiastiese, Kindermusik Onderwyseres vir vyf jaar.
Ek bied studioklasse (0-8 jaar) in die middae aan by Kindermusik Hoofkantoor, te Buffeldoornweg 70, Klerksdorp.
Ek bied klawerbordklasse aan by die studio nadat kinders die 2 - jaarlikse (Young Child 1-4) programme voltooi het.
Is Hoof van die "Vennootskap van Kindermusik Onderwysers" in Suidelike Afrika vanaf 2007.
‘n Toegewyde Ma, geseën met 4 kinders!
Die “Kindermusik Tannie” met ‘n passie vir kinders en musiek, vir wie elke kind vir my belangrik is,
ongeag!